top of page

Pikkies en Peuters Kleuterskool

 

Welkom by Pikkies en Peuters Kleuterskool!

 

Dit is ons visie en hartklop om aan die peuters en kleuters toegang tot ’n veilige, liefdevolle en geborge leeromgewing van kwaliteit te verskaf, sodat elk kleutertjie die geleentheid het om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

Pikkies en Peuters Kleuterskool se dienslewering is op ‘n Christelike etos en ‘n kindgesentreerde onderrigmodel, met konsekwente dissipline, roetine en gerigte aktiwiteite as vertrekpunt in die hantering van ons kleutertjies, gegrond.
 

Ons nooi u as ouers om ten volle gebruik te maak van die oop-deur-beleid en om hande te vat met die opvoeders, betrokke te wees, deel te neem aan projekte, saam te werk aan die uitbouing van goeie verhoudings tussen die skool en die ouerhuis, en om die handhawing van hoë diensstandaarde by Pikkies en Peuters Kleuterskool te bevorder.

Die MISSIE behels die volgende beginsels:

 

  1. Om die omvattende belange van die kleutertjies – intellektueel, emosioneel en fisies – as eerste prioriteit te stel en ‘n holistiese opvoedingsbenadering te vestig.
     

  2. Behoud en ontwikkeling van die individualiteit van die kleutertjie. 
     

  3. Om ‘n kultuur van koestering te handhaaf met Christelike norme en waardes.
     

  4. ’n Skoon, veilige en praktiese omgewing met ‘n gebalanseerde middagete vir kleuters te skep.
     

  5. Om die welsyn en veiligheid van die kinders deurgaans te monitor.
     

  6. Om leerders met ontwikkelings- of gedragsprobleme so gou as moontlik na gespesialiseerde kundiges te verwys, omsodoende die kleutertjie te help om sy volle potensiaal te bereik.
     

  7. Om ‘n professionele en etiese besigheidspraktyk te handhaaf.
     

  8. Om die gemeenskap se bewustheid en ondersteuning vir pre-primêre onderwys en opvoeding te bevorder.
     

  9. Om goeie verhoudings en kommunikasie met buurskole te handhaaf, sodat ouers ingeligte besluite kan neem wanneer die tyd daar is om die kleutertjie na Graad R te skuif. 
     

  10. Om ouerbetrokkenheid aan te moedig en om inligtingsessies en werkswinkels vir ouers van voorskoolse kinders te reël en aan te bied.
     

  11. Om deurlopend formele en informele personeelopleiding te fasiliteer en te verseker dat die skool tred hou met nuwe tegnologie en opvoedkundige benaderings, wat tot voordeel van ons kleutertjies sal strek.
     

  12. Om personeel aan te stel, met ‘n werklike passie vir kleutertjies, werksbevrediging te ondersteun om sodoende personeelomset te beperk.
     

  13. Om opbouende intrapersoonlike, interkulturele verhoudings te bevorder en respek tussen leerders en personeel onderling en wedersyds te vestig.

WAARDES waarvolgens Pikkies en Peuters Kleuterskool bedryf word:

 

Christelike geloof

Pikkies en Peuters Kleuterskool is ‘n Christelike kleuterskool en word volgens Christelike beginsels bedryf.

Vir die skool staan die volgende drie sake voorop:

  • Liefde vir Jesus

  • Liefde vir mekaar

  • Liefde vir ander

 

Dissipline

  • Is gerig op die kweek van gehoorsaamheid by kleuters

  • Toepassing van dissipline geskied op ’n positiewe en nie afbrekende manier nie, om die kind na sosiaal aanvaarbare gedrag te begelei

  • Om die omgee-kultuur van die skool te weerspieël deur die belange van die kleutertjie eerste te stel en wangedrag in alle opsigte professioneel te hanteer

  • Om die oop-deur-beleid te handhaaf

 

Veiligheid

  • Word gepoog om vir kleuters ’n gevoel van geborgenheid te gee. Juffrou tree as plaasvervanger vir ouers op solank kleutertjie by die skool is

  • Sekuriteit en veiligheid van kleuters is van kardinale belang

  • Veiligheid is 'n gesamentlike verantwoordelikheid tussen ouers en skool

  • Pikkies en Peuters Kleuterskool behou ook die reg voor om enige tyd te vereis dat persone wat die skool besoek (ouers/voogde ingesluit) 'n amptelike identifikasiedokument vir verifikasie voorlê

Professionaliteit en uitmuntende dienslewering

  • Ten opsigte van skakeling met ouers

  • Ten opsigte van die lewer van ‘n liefdesdiens

  • Goeie kommunikasie

 

Respek

  • Is gerig op die kweek van selfrespek en eiewaarde

  • Wedersydse respek van personeel sowel as kleuters en ouers

  • Respek vir individualiteit

  • Respek vir perseel, geboue en speelgoed

 

Eerlikheid, integriteit en lojaliteit

  • Deur personeel en ouers teenoor skool, kinders, ouers en mede personeel

Pikkies en Peuters Kleuterskool se volledige Waardes- en beleidsdokument waarvolgens die skool bedryf word om optimaal te funksioneer is beskikbaar op aanvraag.

Opedag

Kontak ons om uit te vind oor die volgende

Opedag by Pikkies en Peuters.

 

Terwyl Mamma alles uitivind is daar hope pret vir die kleinspan - 

kom kuier gerus vir ons!

Betrekkinge

 

Kontak ons gerus om uit te vind van enige vakante poste.

Geleenthede en gebeure...
bottom of page