
Inligting

Pikkies en Peuters Kleuterskool is waar die maatjies leer om te speel - en speel om te leer!




Skoolure en Termyn
Pikkies en Peuters Kleuterskool is oop tydens skoolkwartale, soos vasgestel deur die Gautengse Onderwysdepartement. Neem kennis dat Pikkies en Peuters Kleuterskool tydens die Junie/Julie skoolvakansie vir die eerste week gesluit sal wees vir opknappings- en opgraderingswerk.
Pikkies en Peuters Kleuterskool sal gesluit wees op publieke- en skoolvakansiedae.
Ons funksioneer weeksdae vanaf die tweede week in Januarie tot 15 Desember.
-
Ons open om 07:00 soggens en sluit daagliks om 17:15
Geen kleuters kan voor 07:00 afgelaai word nie
-
Etenstye
08:00 Ontbyt
10:00 Peuselhappie
13:00 Middagete
15:00 Middaghappie
Dagprogram
07:00 – 08:00 Aankoms
08:15 – 08:30 Toiletroetine/Doekeruil en handjieswas
08:30 – 08:45 Kleuters geniet ontbyt in hulle klassie
08:45 – 09:15 Bybeltyd, sing en kringbeskpreking
09:15 – 10:00 Buite groot motories spel/sensoriese bakke
10:00 – 10:15 Broodjies en vrugte buite op speelgrond
10:15 – 11:00 Formele werkies in klas (tema verwant)
11:00 – 12:00 Buitespel met toesig
12:00 – 12:15 Toiletroetines en maak reg vir slaap
12:15 – 13:15 Slaaptyd
13:15 – 13:45 Middagete
13:45 – 17:15 Opwindende middagprogram begin
Die middagprogram word gewy aan buitemuurse aktiwiteite.
Klassies
Daar is tans 2 klasgroepe by Pikkies en Peuters Kleuterskool:
-
Apies
(Juffrou Adele Mahne)
-
Beertjies
(Juffrou Luitje Voges)


Buitemuurse Aktiwiteite (alle peuters en kleuters neem deel)
-
Maandag
-
Dinsdag
-
Woensdag
-
Donderdag
-
Vrydag
: Piki-musiek
: Piki-pottebakkery
: Piki-sport
: Piki-kook
: Piki Houtwerk

