top of page

Personeel

Vir die personeel by Pikkies en Peuters Kleuterskool is dit belangrik om deel te kan wees van klein mensies se ontwikkeling, om seker te maak dat elke maatjie gekoester word, gestimuleer word, met deernis en liefde versorg word en veilig en gelukkig is.  Die personeel is deel van die opvoedingspan en is deurentyd betrokke om om te sien na die omvattende behoeftes van die leerders in hul sorg. Leerders is konstant onder opvoeders se toesig.

Dit is ons missie:

  • Om deurlopend formele en informele personeelopleiding te fasiliteer en te verseker dat die skool tred hou met nuwe tegnologie en opvoedkundige benaderings, wat tot voordeel van ons kleutertjies sal strek.

 

  • Om personeel aan te stel, met ‘n werklike passie vir kleutertjies, werksbevrediging te ondersteun om sodoende personeelomset te beperk.

 

  • Om opbouende intrapersoonlike, interkulturele verhoudings te bevorder en respek tussen leerders en personeel onderling en wedersyds te vestig.

 Juffrou Adéle Mahne

- Apieklas

 Juffrou Luitje Voges

- Beertjieklas

Lifa Zitha

- Algemene Assistent

bottom of page